Information management education: towards a holistic perspective

  • Felicite A. Fairer-Wessels Department of Information Science, University of South Africa

Abstract

This article investigates the status quo of information management education within South African universities. This article is a survey of the literature investigating this issue. The terms information and management are defined and a definition of the term information management is presented. The emergence of information management as a field of study is discussed as largely a response to the information age and the enormous amount of information which has resulted from it. Furthermore the current schools of thought in the field of information are mentioned as well as the paradigm underlying information management. The movement towards a new paradigm is debated. The contexts and levels (i.e. personal, organizationai and strategic levels) of information management as manifested in the literature are discussed and suggestions are made with regard to which levels of information management should be taught at undergraduate level and which at postgraduate level. The trends in information management education, as evident from the literature, are pointed out, which forms the background against which the problem of information management education is addressed, and focusses on the issue of multidisciplinarity versus interdisciplinarity, with the emphasis on a wider or more holistic perspective of information management education.In hierdie artikel word 'n ondersoek na die stand van inligtingbestuuronderrig in Suid-Afrikaanse universiteite geloods en 'n oorsig van die literatuur wat hierdie knelpunt ondersoek, word gegee. Die begrippe inligting en bestuur word omskryf en 'n definisie van die begrip inligtingbestWAr word gegee. Die opkoms van inligtingbestuur as 'n studieveld word bespreek, grotendeels as 'n respons op die inligtingsera en die geweldige hoeveelheid inligting wat daaruit voortgevloei het. Verder word die huidige denkskole in die inligtingsveld aangeraak asook die paradigma onderliggend aan inligtingbestuur. Die beweging na 'n nuwe paradigma word gedebatteer. Die kontekste en vlakke (d.i. persoonlike, organisatoriese en strategiese vlakke) van inligtingbestuur soos gemanifesteer in die literatuur word bespreek en voorstelle word gemaak met betrekking tot welke vlak van inligtingbestuur op voorgraadse vlak en welke vlak van inligtingbestuur op nagraadse vlak aangebied moet word. Die tendense in inligtingbestuuronderrig, soos wat dit uit die literatuur blyk, word uitgewys. Dit vorm die agtergrond waarteen die probleem van inligtingbestuuronderrig aangespreek word en fokus ook op die knelpunt van multidisiplinariteit teenoor interdisiplinariteit, met die klem op 'n wyer of meer holistiese perspektief van inligtingbestuuronderrig.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2014-01-26
Section
Research Articles