Gedesentraliseerde inligtinggebruikeropleiding

  • J. C. Henning Biblioteek- en Inligtingdienste, Technikon SA
  • B. L. Oosthuizen Departement Inligtingstudies, Randse Afrikaanse Universiteit,

Abstract

Decentralised information user education. The term information user education in this article refers to all the different components of the education process that will lead to information literacy. Literature on this matter indicates that students need to be educated to become library and information literate. Distance education students also have a definite need for user education, but there are few publications on decentralised user education available. Research had to be done to develop a program for information user education for distance learners. This article reports on research that has been done on information user education in general, but also in the context of learner-centered distance education. A literature study as well as an empirical study were undertaken to determine what aspl'cts of the training should be offered, who should present the training and what methods should be used. The results of the study as well as the recommendations that are made, are described in the article.Die term inligtinggebruikeropleiding in hierdie artikel dui op opleiding wat al die komponente bevat om inligtinggeletterdheid te kan bewerkstellig binne en buite die biblioteek. Uit die literatuur is bepaal dat opleiding noodsaaklik is om studente biblioteek- en inligtinggeletterd te maak. Verskeie skrywers dui aan dat afstandonderrigstudente ook 'n spesifieke behoefte aan sodanige opleiding het, maar dat daar min inligting hieroor gepubliseer is. Om gedesentraliseerde inligtinggebruikeropleiding te kan ontwikkel, was dit dus noodsaaklik om navorsing oor die onderwerp te onderneem. In hierdie artikel word verslag gelewer van navorsing wat onderneem is oor inligtinggebruikeropleiding oor die algemeen, maar ook in die konteks van moderne leerdergesentreerde afstandonderrig. Die literatuurstudie word beskryf sowel as die empiriese ondersoek wat onderneem is om te bepaal watter aspekte van die opleiding aangebied moet word, wie dit moet aanbied en wat die mees geskikte metodes vir aanbieding is. Die resultate van hierdie ondersoek en die aanbevelings word beskryf.
Published
2014-01-26
Section
Research Articles