Snuffelgidse op die Web: die gebruik van klassifikasie vir dieorganisering van inligtingsbronne op die Internet

  • M. S. van der Walt Departement Inligtingkunde, Universiteit van Stellenbosch

Abstract

Browsing guides on the Web: the use of classification for the organisation of information sources on the Internet. An investigation was carried out regarding the question whether systematic arrangement by means of a classification scheme can offer a solution for the problems of information organisation on the Internet. The purpose of the investigation was to establish the extent of present use of classification on the Internet, which systems are being used, what the nature, characteristics and applications of these schemes are and to formulate broad guidelines for classification in this electronic environment. The classification schemes and other retrieval mechanisms of a variety of Internet guides and search engines were analysed. Two groups of schemes were identified: library classifications with notations and other schemes consisting in most cases of alphabetically arranged subject classes. Classification schemes are used for two purposes in guides: the arrangement of entries and in a few cases to provide access points for specific searches. Facilities for keyword searching are provided in the majority of guides, but descriptors from controlled indexing languages are used in very few cases.Ondersoek is ingestel na die vraag of die gebruik van sistematiese rangskikking met behulp van 'n klassitikasiesisteem nie 'n oplossing kan bied vir die probleme van inligtingontsluiting op die Internet nie. Die doel van die ondersoek was om te bepaal wat die omvang van die huidige gebruik van klassifikasie op die Internet is, watter sisteme gebruik word, wat die aard, kenmerke en toepassings van hierdie sisteme is en om bree riglyne vir klassifikasie in hierdie elektroniese omgewing te formuleer. Die klassifikasiesisteme en ander ontsluitingsmeganismes van 'n verskeidenheid van Internetgidse en soekenjins is ontleed. Twee groepe sisteme kan onderskei word: biblioteekklassifikasiesisteme wat oor 'n notasie beskik en ander sisteme wat meestal uit alfabetiesgerangskikte onderwerpsklasse bestaan. Klassifikasiesisteme word vir twee doeleindes in gidse gebruik: die rangskikking van inskrywings en in enkele gevalle om toegangspunte vir spesifieke soektogte te verskaf. Fasiliteite vir sleutelwoordsoektogte kom algemeen voor, maar daar word baie min van deskriptore uit gekontroleerde indekseertale gebruik gemaak.
Published
2014-01-26
Section
Research Articles